Dankie!

Eerstens wil ek jou bedank vir die tyd wat ek jou kon besoek het. Ek wou weer ‘n afspraak maak maar voel dat ek darem nou “op die been” is en dat dit baie goed gaan met my.

Ek voel ‘n ander mens en die Here het op so ‘n sagte manier diep in my hart kom inkruip. Ek is gevul met ongelooflike vrede en vreugde en ja, glo dit of nie, ek geniet die lees van die Bybel (die maklike vertaling).

Dit alleen opsigself is nogal ‘n wonderwerk want ek was altyd so negatief ingestel omdat ek net eenvoudig dit nie kon verstaan nie. Dit gaan sommer stukke beter.

Mag die Here jou ryklik seen met jou bediening vorentoe.

Anet